Information

GET INFORMED - read FORM 3

The information below will be supplied to you by the police when you lay a criminal charge against a person who committed an act of domestic violence and/or when you apply for a protection order at a Magistrate's Court. It is not necessary to lay a criminal charge in order to obtain a progection order.



WAT IS GESINSGEWELD?

Mense dink dikwels dat gesinsgeweld slegs fisiese geweld insluit, maar die dade, gedrag en gevolge wat gesinsgeweld uitmaak, wissel van aard en gereeldheid.

Gesinsgeweld word gereguleer deur die Wet op Gesinsgeweld, 1998 (Wet No. 116 van 1998). Hierdie Wet het betrekking op gesinsgeweld wat binne 'n gesinsverhouding plaasvind.

Die volgende kan as gesinsgeweld beskou word:
  • Seksuele mishandeling (ongeag of jy met die persoon getroud is, al dan nie).
  • Fisiese mishandeling of aanranding (bv. klap, byt en dreigemente van fisiese geweld).
  • Skade aan eiendom of enigiets wat vir jou waardevol is.
  • Agtervolging (wanneer die ander persoon jou of jou kinders herhaaldelik agtervolg of nader).
  • Ekonomiese mishandeling, met ander woorde, wanneer die ander persoon geld wat jou regtens toekom op 'n onredelike wyse van jou weerhou deur te weier om die huur of  'n verband te betaal op die woning wat julle deel; of deur sonder jou toestemming van enige eiendom (bv. huisraad) waarin jy 'n aandeel het, ontslae te raak.
  • Emosionele mishandeling (afbrekende of vernederende gedrag, met ingebrip van herhaalde beledigings, verkleinerende opmerkings, 'n uitskellery en dreigemente).
  • Enige ander oorheersende of mishandelende gedrag wat jou veiligheid, gesondheid of welstand bedreig.
Indien jy die slagoffer van gesinsgeweld is, bel jou plaaslike polisiekantoor vir hulp, of skakel:

  • SAPD-noodnommer 10111
  • Die SAPD se Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, Hoofkantoor, Pretoria (012) 393 2363
  • SAPD Crime Stop Misdaad 08600 10111
  • Hulplyn: Vrouemishandeling 0800 150 150
  • Kinderlyn 0800 055 555
  • VIGS-hulplyn 0800 012 322
[Hierdie inligting kom uit die pamflet "Moenie stilbly oor gesinsgeweld nie!", wat uitgereik is deur die SAPD. Sien ook http://www.saps.gov.za/ vir meer inligting, of besoek jou naaste polisiekantoor.]



WAT IS 'N BESKERMINGSBEVEL?

Dit is 'n bevel wat 'n hof op jou versoek uitreik waarin 'n persoon met wie jy 'n gesinsverhouding (sien definisie hier onder)  het of gehad het, beveel word om op te hou om jou te mishandel. Dit kan ook die persoon verbied om hulp van enige ander persoon te kry om jou te mishandel.

'n Tussentydse beskermingsbevel kan enige tyd van die dag of nag uitgereik word om jou te beskerm.

Enige slagoffer van gesinsgeweld het die reg om by die naaste polisiekantoor of landdroshof om 'n beskermingsbevel aansoek te doen of om 'n kriminele klag by die polisiekantoor te lê.

Indien kinders te jonk is, kan 'n ouer of voog of enige persoon wat optree namens iemand wat vir die kinders verantwoordelik is, om 'n beskermingsbevel vir die kinders aansoek doen. Sodanige persoon moet egter hulle toestemming hê om dit te doen.

'n Polisiebeampte kan ook aansoek doen om 'n beskermingsbevel vir iemand wat mishandel word.

Wat is 'n gesinsverhouding?

Jy kan 'n gesinsverhouding hê met  -
  • iemand met wie jy getroud is of was;
  •  jou ouers, of enige van jou familielede, met inbegrip van jou eie kinders;
  • enigiemand saam met wie jy gewoon het, of jy met die persoon getroud was al dan nie;
  • jou lewensmaat van dieselfde geslag;
  • iemand met wie jy uitgegaan het, selfs as was dit vir 'n kort rukkie, of iemand met wie jy seksuele omgang gehad het; of
  • iemand saam met wie jy 'n kind het.

Bel jou plaaslike polisiekantoor vir hulp, of skakel:

SAPD-noodnommer 10111
Die SAPD se Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, Hoofkantoor, Pretoria (012) 393 2363
SAPD Crime Stop Misdaad 08600 10111
Hulplyn: Vrouemishandeling 0800 150 150
Kinderlyn 0800 055 555
VIGS-hulplyn 0800 012 322

[Hiedie inligting kom uit die pamflet "Moenie stilbly oor gesinsgeweld nie!", wat uitgereik is deur die SAPD. Sien ook http://www.saps.gov.za/ vir meer inligting, of besoek jou naaste polisiekantoor.]

ALL LIFE insurance. Being HIV positive shouldn't have a negative effect on your life cover. Let us help you! Click Here

3 comments:

  1. Goeie dag, waar kan ek uitvind hoekom daar nie aandag gegee word aan 'n kriminele klag wat al op 9/4/2016 gele is? 'n Onderwyser is betrokke en moes reeds "suspend" gewees het.

    ReplyDelete
  2. Goeie dag, waar kan ek uitvind hoekom daar nie aandag gegee word aan 'n kriminele klag wat al op 9/4/2016 gele is? 'n Onderwyser is betrokke en moes reeds "suspend" gewees het.

    ReplyDelete
  3. Ek weet regtig nie. Dalk kan jou plaaslike polisiekantoor se Child Protection Unit jou raad gee. Die personeel in daaardie afdelings is baie tegemoetkomend en besorgd. Of jy kan die Public Prosecutor se kantore kontak. Die polisie het dalk die kontakbesonderhede vir hul naaste kantore. Probeer ook Kinderwelsyn om uit te vind waar jy die inligting kan kry. Selfs 'n koerant kan dalk help. Hulle misdaadverslaggewers is baie ingelig en kan dalk vir jou verwys na die regte instansie of persoon.

    ReplyDelete